Brand by Mpatamacha

Die uitgebrande trok van Mapatamacha wildvangspan
Die uitgebrande trok van Mapatamacha wildvangspan

VAALWATER — ʼn Saak van brandstigting word ondersoek nadat die eienaars van die Mpatamacha Wildvangspan die afgelope naweek duisende rande se skade gely het nadat toerusting en ‘n trok en sleepwa Saterdagaand 14 Augustus uitgebrand het.
Christo Venter (Kutu), eienaar van die Mpatamacha wildvangspan, is woedend oor die voorval en sê ‘n veragte het vermoedelik brand gestig.
Venter en sy gesin was op die toneel nadat die brand uitgebreek het en hulle het magteloos staan en toekyk hoe van hulle besittings in vlamme opgaan. Ander voertuie en trokke moes inderhaas verwyder word om nog skade te voorkom.
Volgens Erich Venter, Christo se pa, is die totale waarde van die skade na beraming sowat R800 000.
Een verdagte is reeds vasgetrek en was teen druktyd in ‘n hospitaal opgeneem met brandwonde. Volgens dié verdagte was werknemers van Mpatamacha glo ook betrokke in die beplanning van die brand.
ʼn Saak van brandstigting is by Dorset Polisie geopen en dit word tans ondersoek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.