Brandseisoen naby

Leoni Kruger
LEPHALALE – Die gemeenskap word aangemoedig om so spoedig moontlik aan te sluit by die brandbestrydingsvereniging (BBV).
Dit is tydens die maandelikse vergadering van die Lephalale Gemeenskapsveiligheidsforum (LGVF) wat Donderdag 20 April gehou is bespreek dat wetgewing vereis dat veral grondeienaars of –bestuurders deur die wet beskerm word as lede van die BBV.
Douw Pelser, voorsitter van die LGVF het gesê die onlangse reën het almal bietjie onkant gevang, maar mense moenie dink die brandgevaar is nou minder nie. Die afgelope goeie reënseisoen het veroorsaak dat daar baie gras is en dit verhoog die kanse op veldbrande.
Grondeienaars word versoek om hul vuurvegters gereed te kry en te sien dat dit nog reg werk.
Nic du Toit is voorsitter van die BBV en hy kan geskakel word by 082 371 1113 / dtoitna@eskom.co.za
Aansoekvorms vir lidmaatskap tot die BBV kan by Sandra Pretorius afgehaal word by die Agri-kantoor of sy kan geskakel word by 083 321 5927.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.