Brandweer by Bossie Kidz

LEPHALALE — Nic du Toit, brandnoodrisikobestuurder by Medupi, het Maandag 21 Augustus Eskom se brandweerwa wat by Medupi gebruik word na Laerskool Bosveld Primary geneem en vir die Bossie Kidz gewys hoe dit werk.
Die Bossies was baie opgewonde hieroor, veral toe ‘n brandweerman, kompleet met uniform wat vuurbestand is tot op 1 200˚C, met sy uitrusting gespog het.
Die Bossie Kidz het met entoesiasme aan die aktiwiteite deelgeneem, maar die hoogtepunt was toe die brandslang oopgedraai is en hulle ‘n kans gehad het om dit vas te hou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.