Bravo maak ʼn verskil

LEPHALALE — Bravo se musiekaand wat Vrydagaand 16 Augustus by Mogolklub se funksiesaal gehou was, was die perfekte geleentheid vir musiekliefhebbers wat ook die welstand van die dorp se kinders en jong mense op die hart dra.

deelnemers het by veertien tafels gesit om teen mekaar mee te ding vir die wenner van 2019.
 Simone Hearne en die deelnemers aan haar tafel se vingers was die vinnigste op die knoppie en het die meeste musiekkennis gehad. Hulle is as wenners gekroon.
 Hoërskool Ellisras se tafel was gekies as die deelnemers met die beste gees.
 Bravo se personeel is betrokke by skole waar hulle ’n diens lewer deur middel van terapie, begeleiding en opvoedkundige sielkundige verslae waar nodig.
 Esmie van Greunen van Bravo sê die organisasie droom van ’n gesonde gemeenskap waar kinders veilig en beskut is. As jy saam droom en ’n verskil wil maak, skakel Esmie by 082 874 5711.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.