Bruilofsfees

LEPHALALE — Sondag 17 Maart 2019 was ’n vreugdevolle dag vir dr Daan van Wyk en Michelle J van Rensburg toe hulle tydens die erediens by die Nederduitse Hervormde gemeente Ebenhaeser in die huwelik bevestig is.

Dr Daan se pa, die 79-jarige ds Daan van Wyk, het die paartjie in die huwelik bevestig asook die erediens waargeneem, terwyl dr Daan se seun, oor Daan, die voorlesing gedoen het.

Die boodskap uit Hebreërs 11 was diep en sielvol, nie net vir dr Daan en sy pragtige Michelle nie, maar vir die hele gemeente en familie en vriende wat die bruilof bygewoon het.

Dr Daan en Michelle het hul troubeloftes afgelê en na afloop van die erediens self die bedankings waargeneem met die kerngedagte: “Aan God al die eer”.

Hulle is buite deur die gaste en gemeentelede ingewag en ’n stralende bruilofspaar het hul verskyning gemaak waarna ’n bruilofsfees by die kerksaal feesgevier is met ’n kaas-en-wyngeleentheid.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.