BUCO by die Bosveld July

Barry de Beer en Almarie Bothma van BUCO Hardewarde saam met klein Dawie Jacobs by die Meganiese bul

LEPHALALE — Mogolklub se perdeklub het Saterdag 29 Junie hul jaarlikse Bosveld July gehou. Renperde en joggies het oor afstande van 1 000 tot 1 600 meter deelgeneem asook in ’n “sprint”afdeling.

Hoe later dit geword het, hoe joliger, of was dit eerder hoe later hoe kwater? ’n Feestelikheid was aan die orde van dié sonnige wintersdag. BUCO Hardeware het hul kant gebring en deur die dag ’n meganiese bul beskikbaar gestel vir die kleingoed en Will Jordan, bekende countrysanger, gekry om gaste Saterdagaand vanaf 18:00 te vermaak.

Die Bosveld July het op ’n hoë noot afgesluit en At Vermaak, voorsitter van die perdeklub en Maik Fenner van BUCO Hardeware, bedank almal wat gehelp het om van die dag ’n sukses te maak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.