Buffelbul vir R6 mil

Buffelbul

Leoni Kruger
THABAZIMBI — Die Zwei Heroldt-veiling is op 5 Februarie in Thabazimbi deur Vleissentraal Bosveld aangebied. Niel Swart was die afslaer. Die totale buffelkudde was op veiling.
Die hoogste prys behaal was vir ‘n vyfjarige Oos-Afrika-buffelbul met ‘n horinglengte van 45.25”. Koper Peter en John Trollope het R6 000 000 vir dié bul betaal.
Ander hoë pryse behaal is R2 700 000 vir ‘n Oos-Afrika buffelkoei met bulkalf, R2 050 000 vir ‘n Oos-Afrika buffelkoei met verskalf en R1 000 000 vir Oos-Afrika dragtige buffelkoei met bulkalf.
Die totale omset van die veiling is R21 365 000.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.