Burgemeestersdistrikprysuitdeling — EHS ryg pryse in

V.l.n.r.: Carli Liversage, Roelien van Vuuren, Lehandi Warren, Marnique Gadda,
Joey Vorster en Tanita Strydom

LEPHALALE — Afgevaardigdes van Hoërskool Ellisras het Vrydag 2 Februarie ʼn distrikprysuitdeling in Ga-Seleka bygewoon en Hoërskool Ellisras is by dié geleentheid aangewys as die beste skool in die distrik. Die skool behaal ook die hoogste Baccalaureus- en onderskeidingspersentasie.

15 personeellede word aangewys as die beste in hulle vakgebied in die distrik, naamlik: S Le Roux in Natuurwetenskappe, A Gerber in Afrikaans Eerste Addisionele Taal, M Diplock in Verbruikerstudies, M Pitout in Toerisme, C van Staden in Visuele Kuns, P Pretorius in Rekeningkunde, S Heath in Afrikaans Huistaal, R Coetzee in Geografie, F de Beer in English Home Language, A Wessels in English First Additional Language, D Grobler in Elektriese Tegnologie, J Heysteck in Inligtingstegnologie, C Bindeman in Wiskunde Geletterdheid en T Ramogama in Sepedi Home Language.

J Heysteck is ook aangewys as die SA Sams Kampioen (rekenaarpunte). Hy het die personeel hartlik bedank vir uitstekende samewerking en hy sê daarsonder sou die toekenning nie moontlik wees nie. “Hierdie toekenning is vir al die personeel,” het hy gesê.

Leerders wat beloon is, is: graad 12 – Cherantè Snyman, topleerder in die distrik, Phillip van Wyk is nommer twee in die distrik en Jan Warren en Marlien van Vuuren is onderskeidelik nommer vier en vyf in die distrik.

Graad 11 – M Gadda word aangewys as die beste leerder met English FAL 83%, Lewenswetenskappe 90% en Fisiese Wetenskappe 96%.

Carli Liversage is nommer twee met Wiskunde 85%, Rekeningkunde 91% en Fisiese Wetenskappe 96%.

Tanita Strydom is nommer drie met Besigheidstudies 78% en Geografie 73%.

In graad 10 is Joey Vorster die beste leerder in die distrik met Rekeningkunde 91%, Wiskunde 93% en Fisiese Wetenskappe 86%, Muruscke Robbertze is die beste leerder in Besigheidstudies 71%, Roelien van Vuuren is die beste leerder in English First Additional Language, Lehandi Warren is die beste leerder in Geografie 82% en Brigdette Mokgosana is die beste leerder in Life Sciences 86%.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.