Burgerlike arrestasies en beserings

LEPHALALE — “Wanneer iemand in hegtenis geneem word, maak seker die persoon het nie addisionele beserings nie”. Die kwessie van verdagtes wat deur burgerlikes gearresteer word en dan eers verder beseer word voordat die verdagte aan die polisie oorhandig word, is by die eerste vergadering van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) bespreek.

Daar is aanbeveel dat, in gevalle van burgerlike arrestasies, dit wys is om die polisie na die aanklagkantoor te vergesel.

“Maak seker die klag is wel gelê en dat daar ʼn volledige mediese verslag is, want as die papierwerk nie reg gedoen is nie, gooi die hof die saak uit.

Daar is ook aanbeveel dat foto’s geneem word van die beserings om albei partye te beskerm.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.