Buurtvrede? — rusverstoring die nuwe norm

LEPHALALE – Naas rioolprobleme is rusverstoringsklagtes baie algemeen. Inwoners kla byvoorbeeld gereeld op WhatsApp-groepe en ander sosiale mediaplatforms oor hoe geraasbesoedeling, veral in die nag, hulle figuurlik deur die dak dryf.

Harde doef-doefmusiek, motorfiets- en motorstraatrenne, luidrugtige huispartytjies en rumoerige voetgangers wat boonop ’n buurt se brakke aan die blaf sit is aan die orde van die dag (of nag).

Die geraas hou soms vir ure aaneen aan en dan is daar vir ’n oomblik ’n bietjie buurtvrede en nes jy dink dat jy nou aan die slaap kan raak word jou vrede weer van vooraf in alle erns beduiwel.

Die wete dat jy niks aan hierdie irritasies kan doen nie maak jou radeloos en mens wonder altyd watter behae kry die skenders van ander se stilte en stemmigheid.

Wat is die oplossing en wie moet die wagters van die nagvrede wees?

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.