Byl was Rassie

(Foto Herman Verwey: Media24)

Elsa van Rooyen
LEPHALALE — Oud-brig Piet Byleveld, ook bekend as baasspeurder Piet Byl, wat verlede week op die ouderdom van 67 jaar oorlede is, het as jong kannetjie van die waters van Laerskool Ellisras se spuitfonteintjie gedrink.
Piet (Petrus Erasmus Johannes van Staden) Byleveld word bestempel as Suid-Afrika se mees suksesvolle speurder. Twee prominente sake wat hy opgelos het was die moorde op Leigh Matthews en die jong Sheldean Human.
Piet het ook vele reeksmoordenaars aangekeer. Die bekende rubriekskrywer Hanlie Retief se outobiografie Byleveld – Dossier van ‘n baasspeurder, uitgegee in 2011 deur Umuzi, beskryf die pad wat Piet vanaf ‘maergatseuntjie tot polisieman’ gestap het.
Sy welslae (en sy soms kontroversiële kant ten spyt), het Piet-met-die-baie-name-Byleveld van kindervoetspore op die plaas Pentonvilla, naby Lephalale en Laerskool Ellisras ontwikkel tot baasspeurder en hy is in die Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis verewig as Die Byl.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.