CDP veiling groot sukses

Leoni Kruger
LEPHALALE — CDP Afslaers het verlede Vrydag ‘n suksesvolle veiling by Jan Coetzee net buite Lephalale aangebied en die veiling was baie goed ondersteun deur plaaslike kopers, sowel as kopers van buite.
Jan Coetzee was die verkoper saam met ‘n paar ander gasverkopers. Die wye verskeidenheid items wat op veiling was het verseker dat elkeen wat die veiling bygewoon het, met iets huis toe is.
Van trekkers, sleepwaens, tente, baie meubels, gereedskap en vele meer is aangebied.
Die PPK Lighuis se flukse lidmate het gesorg vir heerlike pannekoek, tee, koffie en ander versnaperings.
Volgens afslaer Corné du Plessis van CDP Afslaers was die veiling ‘n groot sukses en hy, sowel as Jan Coetzee, bedank almal wat die veiling bygewoon en tot die sukses bygedra het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.