Daggaboer gevang

‘n Heel vooruitstrewende daggaboerdery….

Leoni Kruger
TOM BURKE — Herman Botha (50) ‘n wildboer van die plaas Redbaan buite Swartwater is verlede week gearresteer nadat die polisie inligting ontvang het dat hy daggaplante kweek in eko-tonnels.
Adjudant-offisier Frans Mokoena van Lephalale SAPD sê by nadere ondersoek is sowat 2 302 daggaplante in die tonnels ontdek met ‘n geskatte waarde van R350 000.
Botha het Maandag in die Landdroshof in Witpoort verskyn waar die saak uitgestel is tot Woensdag 29 Maart. Die saak is oorgeplaas na Senwabarwana Landdroshof (Blouberg).
Volgens Mokoena het Botha die plante baie goed versorg en seker gemaak dit groei deur selfs snags ligte in die tonnels op die plante te laat skyn vir ekstra hitte om dit vinniger te laat groei. Hy het ook die bolaag grond met houtsaagsels bedek om vog langer binne te hou.
Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.