Dario die vinnigste

Dario tydens die SA Senior Nasionale Swemkampioenskappe in Durban

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die 17-jarige Dario Geyser, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Ellisras, het verlede week aan die Suid-Afrikaanse Senior Nasionale Kampioenskappe in Durban deelgeneem en uitstekend gevaar.
Alle ouderdomme swemmers het by dié kampioenskappe teen mekaar gekompeteer en Dario was die vinnigste o. 18-swemmer in die 100 m vlinderslag in Suid-Afrika.
Volgens sy ma, Margie, het Dario ook baie goeie ondervinding opgedoen in professionele swem omdat hy na die semi-finaal en daarna die finaal deurgedring het in die 100 m vlinderslag. Hy het teen die room van die land, Chad le Clos, deelgeneem.
Dario is volgens die Suid-Afrikaanse swemranglys amptelik die veertiende vinnigste swemmer van alle ouderdomme in SA in die 100 m vlinderslag.
Chad le Clos is steeds nommer een in SA in dié item.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.