Datums moenie bots nie

LEPHALALE — Die Kultuurraad van Lephalale het Dinsdagaand 22 Oktober by die NG Kerk Ellisras-Wes byeengekom om belangrike datums vir volgende jaar te vergelyk en te probeer verseker dat dit nie oorvleuel nie.

Min mense het die Kultuurraadvergadering bygewoon

Datums vir belangrike gholfdae, kerkbyeenkomste, skietdae, die Sportster van die Jaar-geleentheid, die Bosveldfees, optog deur die dorp, ’n ma-en-dogter-geleentheid, ’n mannekamp, ’n jeugnag en vele meer is tydens dié vergadering bekendgemaak.

Enigiemand wat iets beplan en nie seker is of dit gaan oorvleuel met ’n ander geleentheid nie, stuur ’n e-pos met jou beplande datum en geleentheid na Louisa de Lange by ldl@weskerk.co.za of na admin@weskerk.co.za.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.