DBV gholfdag naby

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Lephalale hou hulle jaarlikse gholfdag eerskomende Saterdag 22 April by Mogolklub se bane. Die doel van die dag is om broodnodige fondse in te samel vir die DBV.
Die inskrywingsfooie is R500 wat die baanfooi (18 putjies) asook ‘n dinee en prysuitdeling insluit. Die formaat is beterbal.
Aangesien dit die DBV se jaarlikse groot geleentheid is, sal hulle kantore Saterdag en Sondag 21 en 22 April gesluit wees vir die publiek, maar hulle is steeds daar tot diens van die gemeenskap. Skakel hulle gerus by 079 398 6784 vir enige noodgevalle.
Hulle volgende spesiale fondsinsamelingsgeleenthede is ‘n karwasdiens op Saterdag 6 Mei by The Junction en ‘n uitreik in Seleka op 10 en 11 Julie. Dagboek hierdie belangrike datums en ondersteun die plaaslike DBV.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.