DBV was karre vir fondse

Leoni Kruger
LEPHALALE — Vrywilligers het Saterdag 6 Mei saam met die bestuur en werknemers van die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Lephalale ingespring en voertuie gewas by The Junction, waar daar op dieselfde dag ‘n Markdag gehou was.
Volgens Desire Cloete, een van die organiseerders, was dié inisiatief ‘n groot sukses en is hulle baie dankbaar teenoor al die borge wat mildelik bygedra het.
Sommige maatskappye het mense afgestaan om te help was en ander het seep en ander benodigdhede geskenk.
Altesaam 20 voertuie is gewas en die DBV het ‘n goeie wins van R2 000 gemaak. Met die winter wat nou vinnig naderkom en die nagte wat reeds koud is, kan elke bydrae help om komberse en kos aan te skaf vir die dierekinders sonder huise.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.