Debat-dorings!

Debatteerders om mee rekening te hou

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se debatspanne het mekaar Woensdagaand 29 Maart die stryd aangesê by die jaarlikse ATKV Debat-Interhuis. Die spanne het mekaar behoorlik uitmekaargetrek met argumente – hetsy om die opponente te ontstel of te oortuig.
Die juniors wat hulle saak die beste gestel het en dus deurdring na die volgende rondte is Tiaan Malan, JP van Staden en Janco Lötter. Hulle onderwerp was “Kultuurwaardes behoort ‘n rol te speel by die opstel van skoolreëls”.
Die seniors wat deurdring is Erik van Staden en Henja Glas. Hulle onderwerp was “Gratis onderrig in Suid Afrika sal nie gelykheid bevorder nie” en hulle standpunt was dat gratis onderrig in SA wél gelykheid sal bevorder. Hulle opponente was Nathalie Perrier en Leandri van Deventer.
Die beoordelaars was Lenel van Staden, Marian Jordaan en Anita Louw.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.