Diabetes raak almal

LEPHALALE — Die leerders van Marlothii Learning Academy het Woensdag 14 November, Wêreld Diabetesdag, blou strikkies gedra om te wys hulle dink aan almal wat deur diabetes geraak word.

Die Marlothii’s het Woensdag almal blou strikkies gedra vir Wêreld Diabetesdag

Volgens Corney Myburgh, stigter van Marlothii Learning Academy, het hulle tans twee “diabeet-babas”, naamlik Bella die worshond en Cheree Swanepoel.

Delmarie van Zyl van Ellisras Apteek het Woensdag by die Marlothii’s ʼn draai gemaak en gesê dat diabetes almal raak – ook kinders en diere – en sy het die impak daarvan verduidelik.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.