Met streng COVID-19 voorsorg-maatreëls kon die Bossies op Vrydag, 5 Maart, aan ʼn informele atletiekdag deelneem.
Die gees was goed en elke Bossie-atleet het sy/haar bes gedoen. Aan talent was daar vir seker nie ʼn te kort nie en die skool is optimisties oor hul steratlete.