Die Campbells by Karnaval

THABAZIMBI — Iets oud, iets nuut, iets vir almal! Die Campbells tree Saterdag 6 Augustus by die Apiesdoring Karnaval in Thabazimbi op.
Die Campbells is al jare bekend vir hulle op-en-wakker saamsingvertonings en musiekopnames. Harry and Tony Campbell van Die Campbells het ‘n unieke klank van country rock-, pop-, en sokkiemusiek en hulle musiek word geniet deur die hele familie.
Met hul liedjiekeuse altyd in die kol en hul verhoogproduksie van internasionale standaard bly Suid-Afrikaners eenvoudig mal oor hulle!
Hulle vermaak Suid Afrikaanse gehore al vir 25 jaar en tree sedert 2000 professioneel op. In 2010 ontvang hulle ‘n SAMA-toekenning vir die Beste Sokkie Dans Album “Mamma Maria”.
Gevestig as Suid-Afrika se gunsteling musiek- duo met meer as ‘n miljoen albumverkope met liedjies soos Rooi Rok Bokkie, Bietjie Bietjie Lam, Vat My Vas, Sewe Soene, Mamma Maria, Yvonne en nou met die splinternuwe Fanta en Cola-album, word hulle gewildheid gewaarborg.
Besoek die Apiesdoring Karnaval in Thabazimbi op Saterdag 6 Augustus vanaf 10:00 en sien Die Campbells se vertoning gratis.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.