Die Kokkedore kán!

LEPHALALE — Gaste het Vrydagaand heerlik gesmul aan fynproewersdisse van die Kokkedore van die NG Kerk Albertyn.

Ds Hennie Hoepfner, leraar van die NG-gemeente Albertyn, saam met die
Powell-familie wat gesorg het vir
smullekker eisbeins

Die Kokkedore-ete, wat vir die 29ste jaar aangebied was, het gespog met beesstert, eisbein, room steak, skaapbraai, snoekbraai en spare rib, elk met sy eie Groot Kokkedoor.

Die gewildheid van dié ete blyk jaarliks toe te neem en word gekenmerk deur die bywoning van die hele gemeenskap en selfs mense van ander dorpe. Dit is ʼn gesellige en vrolike geleentheid waar nie net eet nie, maar kuier tot laataand aan die orde van die dag, of liewers nag is. Sorg dat jy dit nie volgende jaar misloop nie!

(Het Mogol Pos jou gekiek? Daar is hope foto’s op Mogol Pos se Facebookblad – Red)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.