Dinamiese Dorothy

Dorothy met van die prestige-toekennings wat sy ontvang het

LEPHALALE — Dorothy Davies, bekende in finansiële kringe, het weer eens al die prestige-pryse opgeraap tydens die Sanlam Limpopo se prysuitdeling waar daar erkenning gegee word aan adviseurs wat gedurende die 2016-bemarkingsjaar gepresteer het.
Vir Dorothy kom die kliënt se belange eerste en sy maak seker dat hulle die nodige advies kry aangaande die regte produkte volgens hul behoeftes. Met die aanloop tot Sanlam se 100-jarige vieringe is Dorothy op die voorpunt daarvan om seker te maak dat kliënte waarde vir hulle geld ontvang.
Tydens die funksie het Dorothy verskeie toptoekennings ontvang in die volgende afdelings:
Sanlam Limpopo Enkelpremie-kampioen en het gedurende die 2016-bemarkingsjaar ‘n beduidende bedrag vir kliënte belê op verskillende Sanlam-beleggingsprodukte;
Sanlam Herhalende premiekampioen en het ook in hierdie sektor ‘n beduidende bedrag aan jaarpremies van kliënte by Sanlam geplaas in die vorm van spaar-, aftree- en lewensprodukte;
Riskiko premiekampioen vir lewensprodukte;
17 IQA – (International Quality Award) kwalifikasie met drie sterre;
Eerste in die Noordlandstreek in die Streekskomkamp (kompetisie vir kampioene);
Nasionale kompkamps-kwalifikasie deur uit Sanlam se 2 000 adviseurs onder die Top 10 te eindig, asook nasionaal onder die individuele adviseurs in die tweede plek.
Dorotoy word aangewys as Sanlam Limpopo se Eenheidskampioen, Sanlam Noordland-kampioen en Sanlam Nasionaal tweede.
Gwyneth Hunter wat saam met Dorothy in die praktyk in Gruisweg is, het ook vir haar tweede Kwaliteitstoekenning gekwalifiseer. Dit is baie duidelik dat daar nie ver gesoek moet word vir kundige finansiële advies nie.
Dorothy bedank haar bekwame span naamlik Gerda Human wat reeds 21 jaar en Elma Ras wat agt jaar in haar diens is. Dorothy en Gwyneth kan gekontak word by 014 763 2260 / 014 763 6476 of besoek hulle op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Gruisweg.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.