Dit was ’n fees om by die veldskoenfees te wees

Die eerste Mej Veldskoenkoningin en haar twee prinsesse is Vrydagmiddag 31 Mei rondom 18:30 by die feesterrein te Molalatau Lodge gekroon.
Vicky-lee Armstrong is aangewys as Mej Veldskoen met Sharon Vorster haar eerste en Marli van Schalkwyk haar tweede prinses. Baie geluk aan hierdie pragtige jong dames.

Die fraaiste lelies in die Bosveld is Saterdagoggend 1 Junie om 10:00 by die Veldskoenfees te Molalatau Lodge gekies.
Baie geluk aan Genevieve Botes wat gekroon is as Mej Veldskoenlelie, haar eerste prinses Leanè van Aarde en tweede prinses Alaina Botha.

Die manne met die baarde het gewys dat daar wel verskillende soorte baarde is en dat ʼn baard vir vroue ʼn groot aantrekkingskrag is … Vele inskrywings is ontvang vir die Veldskoenfees se Baard-dos-kompetisie en die keuses was moeilik, maar net vier wenners kon in die onderskeie kategorieë gekies word.

Die wenners is Saterdag 1 Junie om 17:00 by die fees aangewys. Baie geluk aan Charl van der Nest wat aangewys was as die man met die “Scruffy’ste baard”, Marius Koekemoer wat weggeloop het as die man met die “Langste baard”, Frans Delport met die “Rooiste baard” en Oppies wat gekroon is as die man met die “Stylvolste baard”.

Die manne met die baarde sê hulle sien reeds uit na volgende jaar se kompetisie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.