Ditsem Bossie-boogskuts!

LEPHALALE — Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 6 April aan ʼn boogskietbyeenkoms by Hoërskool Ellisras deelgeneem en die Bossieskuts het skitterend gevaar.

Die wenspan is voor v.l.n.r: Franco Oberholzer, Sameul Leahy. Middel: Julio Marques, Dane Marnitz, Mischka Prinsloo, Caden Shepherd, Leonell van Coller, Salome Boshoff en agter: Michelle Grobler en Willie Boshoff
(Afwesig op foto: Jaco Botes, Mackenna Cox en Divan Gerber)

Die drie Bossiespanne wat ingeskryf het, het onderskeidelik ʼn eerste, tweede en vyfde plek behaal.
Samuel Leahy (graad 7) behaal ʼn algehele derde plek in die junior seuns-kategorie en Franco Oberholzer behaal ʼn algehele eerste plek. Dané Maritz het ʼn algehele derde plek in die junior dogters-kategorie behaal.

Die volgende boogskietkompetisie word Saterdag 11 Mei by Waterberg Academy in Vaalwater gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.