DNS steeds duister

Louise Loubser en haar dogter Monique Barnard. Die raaisel rondom Monique se verdwyning op 7 April 2016 en die liggaam wat ‘n maand daarna gevind is, is steeds nie opgelos nie
Louise Loubser en haar dogter Monique Barnard. Die raaisel rondom Monique se verdwyning op 7 April 2016 en die liggaam wat ‘n maand daarna gevind is, is steeds nie opgelos nie

Leoni Kruger
LEPHALALE — “Ek kan dit nie meer vat nie” sê Louise Loubser, ma van die vermiste Monique (Monica) Barnard. Oor die liggaam wat in ‘n stormwatersloot by die Deelkraalpad gevind is, het Louise nog steeds nie ‘n antwoord gekry nie.
By navraag aan die ondersoekspan is bevestig dat hulle steeds wag vir die uitslag van die DNS-toetse. “Die feit dat die liggaam so ver ontbind was, maak dit baie moeilik om positiewe DNS te kry” sê een van die ondersoekbeamptes.
Daar is blykbaar na ‘n vierde poging ‘n DNS-monster gekry wat bruikbaar is, maar teen druktyd was die uitslag nog nie bekend nie.
Louise wag steeds om te hoor of die liggaam wat gevind is, haar dogter s’n is. Eers dan sal sy kan afsluiting kry.
Die ondersoek na moontlike verdagtes duur voort.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.