D’Nyala-inbraak

LEPHALALE — ʼn Rekenaarmonitor is in die vroeë oggendure Donderdag 26 Julie uit ʼn kantoor by D’Nyala Natuurreservaat gesteel en twee verdagtes het op die vlug geslaan.

Volgens Oupa Modirwa, reservaat-bestuurder, was ʼn span veldwagters op pad veld toe nadat vreemde spore opgemerk is. Hulle was onder die indruk dit is spore van renosterstropers.

“Ons was op pad na die spore toe ons twee mense sien hardloop. Die veldwagters het skote geskiet om die verdagtes tot stilstand te dwing, maar hulle het weggehardloop. Ons het agter hulle aan gehardloop en die spore het ons gelei na die kantoor,” sê Oupa.

Volgens hom was die voorste deur van die kantoor oopgebreek en hulle het gesien die rekenaarmonitor is weg. Die verdagtes het ook vleis en groente gesteel.

ʼn Saak van besigheidsroof is geopen en geen arrestasies was teen druktyd gemaak nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.