Dood dalk ander oorsaak

LEPHALALE — Andries (Daniel) Verster (23) van Onverwacht is Sondagoggend omstreeks 03:00 dood nadat hy vermoedelik beheer oor sy motorfiets verloor het in Walter Sisulu-rylaan en in ʼn boom langs die pad vasgery het. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Teen druktyd het adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale Polisie klusterwoordvoerder, bevestig dat die polisie vermoed dat daar ʼn voertuig by die ongeluk getrokke was. Hy sê by nadere ondersoek na die swart en groen Kawasaki-motorfiets is blou verf en bandmerke van ʼn motor op die fiets gekry.

Enigiemand met enige inligting oor wat moontlik Sondagoggend gebeur en wat sy dood veroorsaak het, word versoek om die ondersoekbeampte, speurder-sersant Murwamuila te skakel by 014 762 1067.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.