Doodslag gedy op Sondae

Sondagnagte tussen 00:00 en 02:59 is die drieuurperiode waartydens die meeste moorde gepleeg word, gevolg deur die direkte voorafgaande Saterdagnag se drieuurperiode van 21:00 tot 23:59.

Uit die totaal van 20 575 moorde wat vanaf April 2018 tot Maart 2019 gepleeg is, was 5 159 moorde op Sondae en 4 884 op Saterdae. Daar word dus op Saterdae en Sondae meer moorde gepleeg as op Vrydae (2 350) en Woensdae, ook bekend as klein-Saterdag, se 1 874.

Die minste moorde is op Donderdae gepleeg, naamlik 1 794 vir die genoemde 12 maande.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.