Drama by ATKV

LEPHALALE — Die dramaleerders van Hoërskool Ellisras het 23 en 24 Augustus aan die ATKV-tienertoneelkompetisie in Pretoria deelgeneem en teruggekeer met ʼn sak vol medaljes en sertifikate.
Nathalie Perrier, Tianca Engelbrecht en Gontse Makholwa kry brons medaljes vir hulle toneelspel. Roelien van Vuuren kry brons as beligtingsoperateur en Dionnè Viviers kry brons vir klank.
Hoërskool Ellisras kry ook ‘n brons medalje vir dekor, kostuums en die produksie van “Drie Engele, ‘n pruim en ‘n slonskous.”
Volgens die leerders het hulle baie geleer en sien hulle uit na volgende jaar.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.