Drie oorval op plaas

Die huis waarin Venter oorval, aangerand en beroof is
Die huis waarin Venter oorval, aangerand en beroof is

NORTHAM/KOEDOESKOP — Vier verdagtes het Petrus Johannes Venter (59) plaas-bestuurder by Sable Ridge te Koedoeskop asook twee werkers Sondag 29 Mei in die vroeë oggendure oorval en aangerand.
Die drie mans is in hulle onderskeie kamers oorval, maar niemand is ernstig beseer nie. Die verdagtes het na bewering geld geëis, maar daar was blykbaar nie geld op die perseel nie en hulle het gevlug met plasma TV’s en ander huishoudelike items. Die verdagtes het in ‘n bakkie opgedaag en gevlug.
Lede van die Spoorsnyers en Heritage Protection Group (HPG) het die saak ondersoek maar teen druktyd was daar nog geen verdagtes gearresteer nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.