Drieling op-en-wakker

LEPHALALE – Mogol Pos het verlede jaar berig oor die Groenewald-drieling wat baie, baie siek in die hospitaal was. Hulle is op 6 April 2017 gebore en het van geboorte af gesukkel met hul gesondheid.

Mogol Pos het dié drie pragtige woelwaters Vrydagaand tydens die optrede van Je-ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys se toneelstuk “Keelvol” raakgeloop waar hulle, uitgedos in pienk, die hele familie goed besig gehou het.

Volgens Christa, hulle ma, is hulle nou gesond en baie woelig, maar hulle het ʼn jaar terug nie gedink dat hulle vandag hier sou wees nie.

“Almal se gebede, van hier en oral oor die wêreld het gehelp”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.