Droogtehulp is hier

LEPHALALE — Die Bosveld is droog. Sommige jarelange inwoners sê hulle het dit in baie jare nie so droog gesien nie.

Marko Lucas van Redlex Game and Predator and Imberba Rakia Hunting Safari, met eienaar J Butz, in samewerking met die voorsitters van die onderskeie landelike gebiede en Afriforum, het besluit om hande te vat en droogtehulp aan vee- en wildboere in die omgewing te verskaf.

Daar was Maandag 15 Oktober ’n vergadering gehou by die Agri-kantoor in Lephalale om seker te maak dat die program deursigtig en goed beplan is.

Twee vragte voer is reeds Saterdag 13 Oktober in Beska en een vrag voer elk in onderskeidelik Elmeston en Bulgerivier afgelaai.

Teen druktyd was daar vol vragte voer op pad na Baltimore.

Grondeienaars en plaasbestuurders word versoek om een van die skakelpersone te skakel indien jy weet van iemand in jou direkte omgewing wat hulp nodig het.

Die skakelpersone en kontakbesonderhede is:

  • Beska-omgewing: Marko Lucas by 073 522 5222 en PT van Staden by 071 672 8109 of Willie Nel by 083 470 3603.
  • Baltimore en Marken: Jaco Grobler by 083 517 5839 of 071 745 7468.
  • Bulgerivier: Daan Erasmus by 082 561 6820.
  • Stockpoort en Steenbokpan: Bekker Pelser by 084 2071629.
  • Die res van die areas wat nie ’n verteenwoordiger by Maandag se vergadering gehad het nie kan Douw Pelser skakel by 082 820 5228.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.