Droogtesituasie bly ‘n kopseer

Die droogtesituasie is steeds in almal se gedagtes. Die winter is net om die draai en ruvesel, voer en water gaan vir veeboere ‘n groot probleem wees, volgens die maandelikse verslag van dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur veeartse in Suid-Afrika.
Die volgende siektes is aangemeld:
Interne parasiete
Gevalle van veeverliese weens haarwurminfeksies is aangemeld.
Omdat die gashere van lewerslakke en koniese slakke (waterslakke) in waterbronne gekonsentreer is, is die kanse baie goed dat diere met die parasiete besmet word.
Eksterne parasiete
Bosluisgetalle sowel as die voorkoms van bosluis-oordraagbare siektes soos Afrika- en Asïatiese rooiwater, hartwater en anaplasmose is aan die toeneem.
Bosluisskade wat deur die langbekbosluise (bontpoot en bont-bosluise) veroorsaak word, kom ook al meer voor.
Insek-oordraagbare siektes
‘n Toename in die voorkoms van dié siektes is aangemeld. Dit sluit in driedae-stywe-siekte, bloutong en knopvelsiekte, terwyl geen gevalle van slenkdalkoors en wesselsbronsiekte aangemeld is nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.