DvO-kantore ondersoek

VAALWATER — “Minister is beslis deur die Limpopo Wetgewer se Departement van Onderwys belieg….,” was die woorde van Desirée van der Walt (LP) en DA Adjunk-skadu-minister oor Onderwys.
“Tydens my onlangse besoek aan die kantore van die Departement van Onderwys in Vaalwater was die meerderheid van die ‘kantore’ leeg – sonder personeel of enige meubels wat kan aandui dat hier in enige kantoor werk gedoen word,” sê Van der Walt.
‘n Ontstoke Van der Walt het verder gesê dat die foto’s – ‘n kennisgewing met die LP van die kiesafdeling se besonderhede en besigheidsure – aandui dat daar twee kantore of vertrekke deur ‘n LP gebruik word. Sy sê dit is ook baie duidelik dat die Departement van Onderwys se meubels gebruik word en om alles te kroon hou hulle nie eens by die kantoorure wat hulle adverteer nie!
“Ek gaan hierdie foto’s in die parlement as bewysstukke aan die Minister oorhandig en vrae vra soos die bekendmaking van die identiteit van die gebou-eienaar van wie hulle huur, die kontrak, die waarde, munisipale rekening, ensovoorts” sê Van der Walt.
Die DA het verkeie navrae gerig aan die Department van Onderwys in Limpopo en het onder meer duidelikheid oor die volgende gekry:

  • Die kantore wat tans deur die Departement van Onderwys in Vaalwater geokkupeer word, word vanaf 5 November 2009 gehuur en dit is dus nie hulle eiendom nie;
  • Die huidige maandelikse huur beloop R83 291.06.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.