EHS 2021 leiers aangekondig

LEPHALALE — Among the Covid-chaos there is a sense of normality at Hoërskool Ellisras. As always, this time of the year the learners voted for the new leaders of 2021 that will take over the discipline of the school seeing that the record exam for matrics 2020 is in sight.

Ongewone omstandighede heers tans oral weens COVID-19, maar by Hoërskool Ellisras is daar tog ‘n gevoel van normaliteit. Volgende jaar se leiers is, soos elke jaar, onlangs aangekondig. Dié nuwe leiers sal die handhawing van dissipline by die skool moet oorneem by vanjaar se leiers, aangesien die matriekrekordeksamen om die draai is.

Die leerders wat nié gekies is nie, word aangemoedig dat elkeen in eie reg ’n leier is en ’n bydrae kan lewer tot die gladde verloop van skoolsake.

“Mag hierdie groep leerders geseën word met wysheid en deursettingsvermoë, maar bo alles, mag Hoërskool Ellisras van krag tot krag gaan soos elke jaar deur die genade van Bo,” sê Adriaan Joubert, skoolhoof.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.