EHS beheerliggaam

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se nuwe beheerliggaam is onlangs verkies en hulle het Maandagaand 26 Maart hulle eerste vergadering gehou.

Voor v.l.n.r.: S van Staden (hoofseun leerderverteenwoordiger), G Blom (leerderverteenwoordiger), M Gadda (hoofmeisie leerderverteenwoordiger), mnr A Joubert (Hoof), J Young (voorsitter, menslike hulpbronne en akademie), W Malan (ondervoorsitter en finansies, sport), E van Rooyen (geboue en terreine) en agter: A Wessels (kultuur), E Weber (dissipline), PT van Staden (OOV en fondse), A Lotter (bemarking en fondse), G Grieshaber (geboue en terreine), K Erasmus (dissipline), Q Webb (koshuis), S du Preez (OOV en fondse), R Botha (sekretaresse). Afwesig: R Vosloo (sport) en Tommy Richards (finansies)

ʼn Voorsitter is verkies en portefeuljes is toegeken.

Skoolhoof Adriaan Joubert sê hulle is dankbaar vir gewillige, verkose beheerliggaamslede wat bereid is om die skool se belange op die hart te dra. Hy bedank ook die uittredende beheerliggaam vir al hulle harde werk en veral vir hulle bydrae tot ʼn suksesvolle Interhoër 2018.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.