EHS-debat beïndruk

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se junior en senior debatspanne het vanjaar besonder goed gevaar.

Brandon en Christine (agter) en Christi

Seniors Janco Lötter en Tiaan Malan beïndruk met hulle onderwerp: “Suid-Afrika behoort nie sy kultuurerfenis te verwyder om nasiebou te bevorder nie” en hulle dring deur na die ATKV-debat se semifinale ronde.

Die juniors, Branden Perrier, Christi Kaiser en Christine Loubser, dring ook deur na die ATKV-debat semifinale ronde met hulle onderwerp: “Alle uitheemse bome in Suid-Afrika behoort nie gesloop te word nie.”

Hierdie spanne ding op 1 Junie mee teen die leerders van ander provinsies om te bepaal watter spanne deurdring na die Nasionale ronde.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.