EHS-fietsryers blink uit!

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se fietsryers het die naweek van 31 Augustus vir lewe en dood getrap by Stanford Lake College in Tzaneen se MTB Spurresies.

Jaco-Hein Botes (graad 8) behaal ʼn sewende plek en Janco von Rönge (graad 10) behaal ʼn sesde plek in hulle ouderdomsgroepe.

Xander Higgo behaal ʼn sesde, Menno Glas ʼn agtste en Frans Motshegoa ʼn negende plek in die junior seuns-kategorie.

Hoërskool Ellisras is die enigste skool wat drie fietsryers het wat deel is van die Top 10.

Menno is tans algeheel vierde in die Spurreeks en hy gaan Limpopo by die nasionale kompetisie verteenwoordig teen einde September.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.