EHS gaan groot vir gholfdag

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras is volgende aan die beurt om as gasheerskool op te tree vir 2018 se Bosveld Interhoër atletiekbyeenkoms.  
Ten einde die dag suksesvol aan te bied is daar uiteraard fondse nodig en die eerste fondsinsamelingsaksie is ‘n gholfdag geborg deur Tambotie Toyota.
Die dag behels ‘n potjie gholf wat ‘n “half-way house” en ‘n heerlike aandete insluit. Spelers kan by die gholfklub bespreek teen R350 per speler. Daar gaan groot pryse op die spel wees. Na afloop van die prysuitdeling gaan Corné du Plessis ‘n veiling aanbied wat oop sal wees vir almal. Daar sal onder andere rugby-memorabilia en wildkarkasse te koop wees.
Die gewilde sanger Arno Jordaan gaan ook tydens die dag optree. Die koste vir Jordaan se vertoning is ingesluit by die R350 wat gholfspelers betaal om in te skryf, maar addisionele kaartjies sal te koop wees vir nie-gholfers en kinders. Die kaartjies kos R150 (sluit vertoning en ete in), R100 (slegs vir die vertoning) en R50 vir laerskoolkinders. Die kaartjies sal beskikbaar wees by die skoolkantoor en op die aand by die gholfklub se hek.
Daar gaan ook ‘n potjiekoskompetisie gehou word onder leiding van Ben Kruger oftewel oom Okkie van Binnelanders.
Hyself gaan twee groot potte maak waaraan die gaste sal kan smul.
Skakel Sylvia Richards by 014 763 2104/5 vir meer besonderhede of vir navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.