EHS-matrieks presteer

Barbara Emslie met haar toekennings in Polokwane

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die graad 12-klas 2016 van Hoërskool Ellisras is baie tevrede met hulle matriekuitslae. Twee Limpopo-toppresteerders is boonop leerders van Hoërskool Ellisras. Barbara Emslie kry agt onderskeidings en word op 5 Januarie 2017 in Polokwane aangewys as die beste presteerder in die provinsie in Afrikaans. Cara van Heerden verwerf nege onderskeidings toe sy ook ‘n onderskeiding behaal (90%) vir Gevorderde Program Wiskunde (GPW).
Barbara behaal onderskeidings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Inligtingstegnologie (IT), Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap, Wiskunde, Ingenieurs Grafika en Ontwerp (IGO) en Lewensoriëntering (LO).
Barbara se gunstelingvak is IT. Dié
hoofmeisie vir 2016 het beslis nie net voor haar boeke gesit nie – sy het ook deelgeneem aan atletiek, swem, netbal, redenaars en debat. “Die lewe skuld jou niks, dit gaan oor wat jy van elke geleentheid maak” sê sy.
Cara van Heerden behaal in totaal nege onderskeidings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Rekeningkunde, IGO, Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap, LO en GPW.
Haar gunstelingvakke was Fisiese Wetenskap en Wiskunde.
85.48% van Hoërskool Ellisras se leerders kan hulle tersiêre studies voortsit omdat hulle aan die minimum vereistes voldoen.
Die vak wat die beste presteer het is Visuele Kuns met ‘n gemiddeld van 72% en IT volg daarna met 69.6%
(Lees oor die Top 10-presteerders van Hoërskool Ellisras op bl.14.)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.