EHS-nuus

o. 15-krieketspan is ysters

Wenners van die A-liga Suid-Limpopo

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 15-krieketspan het die afgelope seisoen telkens met wegholoorwinnings van hulle wedstryde weggestap, maar volgens die afrigters was die afgelope Saterdag 9 September se wen die kersie op die koek.
Hulle speel op eie bodem teen die span van Hoërskool Nylstroom. EHS kolf eerste en behaal 432 lopies in die toegelate boulbeurte. WP Vermeulen moker 196 lopies. Dit is sy derde honderdtal vir die seisoen. Janco Lötter behaal 102 lopies en Tiaan Malan 41.
Nylstroom behaal net 55 lopies, almal uit.
Maynhard du Plessis laat vyf paaltjies kantel, Janco Lötter vat drie paaltjies en Tiaan Malan een. Met hierdie oorwinning wen hulle die A-liga Suid-Limpopo.
Hulle volgende uitdaging is ʼn wedstryd teen die wenners van A-liga Limpopo.
Teen druktyd was die span, tyd en datum nog nie bekend nie.

Hier is die hoofleiers!

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het vanjaar ‘n ou tradisie laat herleef toe die nuutverkose Rassieraad en hulle ouers Vrydag 8 September ten aanskoue van die hele skool bladsye van beloftes onderteken het.
Hierna is die hoofleiers vir 2018 aangekondig. Hulle is Manique Gadda en Steyn van Staden. Die skool en ouers wens dié twee baie geluk met hulle nuwe verpligtinge. “Mag julle steun vanuit alle oorde ontvang en 2018 ’n jaar maak wat altyd onthou sal word”.

Leierskap

LEPHALALE — Die nuwe Rassieraad 2018 het die naweek van 8 en 9 September ’n leiersontwikkelingskursus bygewoon wat hulle baie geleer het oor hulself en ook hulle leiersvaardighede ontwikkel het.
Tydens hierdie kursus is organiseerders verkies wat die voortou sal neem met verskillende aspekte van organisering van take. Vanjaar word al die lede nie in komitees verdeel nie, want almal gaan hand bysit met alle reëlings.

Die organiseerders wat verkies is, is v.l.n.r.: Henja Glas – Akademie, Sabrina Nortje – Sosiaal, Lesego Boroto – Marketing, Zander du Plessis – Sport, Gerrie Blom – Orde en Dissipline en Erik van der Walt – Kultuur.
Hoofdogter Marnique Gadda is heel links en hoofseun Steyn van Staden heel regs

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.