EHS op die planke

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se toneelgroep, onder leiding van Anita Louw, het Donderdag 3 Augustus ‘n baie geslaagde toneelstuk, “Drie Engele, ‘n pruim en ‘n slonskous” aangebied.
Die opkoms was baie goed en die gehoor het dit hoorbaar geniet.
Die rolvertolking was uitstekend – Delilla is vertolk deur Nathalie Perrier, Hermanus was Tianca Engelbrecht, Prudence was Teresa Derksen, Miss Prunella Woodhouse was Dineo Selota, Mr Stoffel van der Merwe was Gontse Makholwa, Engele was Nicole Meyer, Precious Ntozini and Malefu Mahlonoko.
Die klankoperateur was Roelien van Vuuren, die beligting is gedoen deur Dionnè Viviers en die assistentregisseur was Claire Spencer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.