EHS-personeel reg vir Interhoër

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se personeel is slaggereed vir Saterdag 24 Februarie se Interhoër.

Waarnemende skoolhoof Nils Meiring bedank elke personeellid vir hulle insette.

“Baie dankie aan al die ouers en vriende van Hoërskool Ellisras vir hulle onbaatsugtige ondersteuning. Theunes van Staden en Derick Olivier het leiding geneem en al die personeel gemobiliseer tot ‘n hegte eenheid. Na alles gaan dit nie oor eie eer nie, maar oor ’n liefdesdiens gelewer aan ons kinders, die jeug wat more in ons voetspore gaan volg. Mag almal hierdie besondere dag terdeë geniet en as kleinnood bewaar,” sê Meiring.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.