EHS-redenaars na Goudini

LEPHALALE — Die Afrikaanse redenaars het Vrydag 26 Mei aan die semi-finale uitdunne van die ATKV in Mookgophong (Naboomspruit) deelgeneem.
In die onvoorbereide afdeling van Afrikaans Eerste Addisionele Taal het Lerato Ditsela (senior) en Murangi Sithari (junior) daarin geslaag om deur te dring na die Nasionale ATKV-kompetisie!
Hierdie kompetisie word vanjaar op 10 Augustus in Goudini (naby Worcester in die Kaap) gehou.
Die onderwysers wat help met die afrigting van die redenaars, sê dit is reeds ‘n reuse prestasie om jou provinsie by die nasionale kompetisie te verteenwoordig en hulle wens die kinders net die beste toe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.