EHS rugby toer ver

EHS se eerste rugbyspan

LEPHALALE — Die eerste rugbyspan van Hoërskool Ellisras het van 15-20 Maart na Oakdale Landbouskool (Riversdal in die Kaap) getoer en oral waar hulle gegaan het naam gemaak as opgevoede ambassadeurs waarop Lephalale trots kan wees.

Die gees was aansteeklik en die manne slaggereed. So wen hulle hulle eerste opponente, Augsburg Landbouskool, met 36-7.

Na ʼn titaniese stryd teen Robertson verloor hulle 13-3. Met die laaste wedstryd speel hulle in die finaal teen Landboudal en na ʼn harde wedstryd wen Hoërskool Ellisras 19-12.

Daar was darem ook tyd om voete in die skuim te sit en die golwe te toets by Stilbaai se strande en die manne sê dit was ʼn heerlike voorreg.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.