EHS se swemsukses

Die beste seunsaflosspan van die dag saam met Adriaan Joubert, skoolhoof

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se swemmers het Woensdag 18 September aan die Interhoër-swemkompetisie in Bela-Bela deelgeneem en nie met leë hande huis toe gekom nie.

Nicolas Louw word aangewys as Junior Victor Ludorum en hy behaal die meeste punte (97) van die seuns vir die hele dag.

EHS se seuns behaal ’n tweede plek met 842 punte en die dogters ’n vierde plek met 653 punte.

Die swemmers van Hoërskool Piet Potgieter wen die Interhoër met 1 771 punte. Hoërskool Ellisras is kort op hulle hakke met 1 501 en Hoërskool Frikkie Meyer met 1 227 punte.

Die o. 15-seunsaflosspan met spanlede Nicolas Louw, Johan van Deventer, Louis van Deventer en Leo Watkins, wen ’n trofee vir die beste aflosspan van die dag.

EHS wen sewe individuele goue medaljes, nege silwer en 18 brons. Die aflosspanne wen twee goud, twee silwer en drie brons.

Die skoolhoof, Adriaan Joubert, sê hy is vuur en vlam om die skool se swembad op Olimpiese standaard te kry en te werk vir ’n wenplek in die Interhoërswem ook!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.