EHS-skuts maak skoonskip

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se boogskuts het Saterdag 31 Augustus skoonskip gemaak by die boogskietkompetisie wat by Laerskool Bosveld Primary gehou is.

Christiaan Lamprecht skiet 291 uit 300, behaal ʼn eerste plek in die junior seuns-kategorie, en stap weg as die beste Skut van die Dag.

PJ Human skiet 286 uit 300 en behaal ʼn tweede plek in die junior seuns-kategorie en Tristan Rautenbach is derde in die junior seuns-kategorie met sy telling van 281 uit 300. Hy behaal ook ʼn algehele derde plek.

EHS se skuts is tot dusver die onoorwonne hoërskool.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.