V.l.n.r.: Adriaan Joubert (skoolhoof), Marna van der Merwe en Andre Lotter (EHS beheerliggaamvoorsitter)
LEPHALALE — “Ons is baie trots om die skool se Sportakademie aan die gemeenskap voor te stel,” sê Adriaan Joubert, skoolhoof van Hoërskool Ellisras.
“Die doel van dié akademie is om groter sukses in die skool se sport te bewerkstellig, beplanning en samewerking tussen afrigters te verbeter en om ’n sisteem te ontwikkel wat prestasie en sport as geheel in die gemeenskap bevorder,” sê hy.
Marna van der Merwe, professionele afrigter met verskeie goue medaljes by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe op haar kerfstok, is nou amptelik deel van EHS se Sportakademie.
Marna fokus veral op tegniek en kondisionering en sien uit na ’n wonderlike seisoen by EHS.
Skakel James Marx by james@rassies.com vir meer inligting.