EHS swaai die stokke

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se A-gholfspan het Vrydag 10 Mei aan die Limpopo skole-finaal Noord en Suidstreke op Euphoria-gholfbaan naby Mokopane deelgeneem en gewys wat van wenners verwag word.

Adriaan Joubert, skoolhoof, Ruan, Janco, Christiaan, Divan saam met
Naas Reyneke, afrigter

Die A-span het sake uitgespook teen Hoërskole Pietersburg, Piet Potgieter, Ben VIljoen en Heuwelkruin met spelers Divan Geldenhuys, Janco Lotter, Christiaan Young en Ruan Mostert.
 Dié wenspan neem op 22 September aan ʼn Provinsiale kompetisie deel.

Die C-span het as naaswenners geëindig met spanlede Hendri Reynecke, Henrico Gouws, Gerhard Booysen en Marnus van Rooyen. Hulle het meegeding teen Hoërskole Frans du Toit, Pietersburg en Piet Potgieter.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.